Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 1:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul, geroepe en ’n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, in die wil van God en die broer Sosthenes,

2. aan die gemeente van God wat in Korinthos is, geroepe en afgesonderd; wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, afgesonder is, saam met almal wat die Outoriteit en Karakter van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, in elke plek aanroep, hulle Meester sowel as ons s’n:

3. onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God, ons Vader en ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een!

4. Ek dank my God elke keer namens julle vir die onverdiende guns van God wat vir julle in Die Gesalfde Een, Yeshua, gegee word,

5. want in alle opsigte is julle in Hom verryk, in elke onderwerp en in alle kennis,

6. net soos die getuienis aangaande Die Gesalfde Een bevestig is in julle,

7. want julle kom geen geestelike gawe kort nie, maar julle verwag die openbaarmaking van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een,

8. wat julle ook sal laat vasstaan tot die einde toe, om in die dag van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, sonder beskuldiging te wees.

9. God is vertrouenswaardig, want deur Hom is julle geroep tot die gemeenskap met Sy Seun Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester.

10. Ek versoek julle egter, broers, deur die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, om almal uit een mond te praat en dat daar nie verdeeldheid tussen julle sal wees nie, maar dat julle volmaak sal word in dieselfde gedagtes en in dieselfde opinie,

11. want, my broers, ek is, deur die huis van Kloë, aangaande julle laat weet: dat daar verskille onder julle is.

12. Dit sê ek: dat daar sommige van julle is wat sê: “Ek is van Sha’ul.” Ander sê: “Ek is van Apollos.” Ander sê: “Ek is van Kefa.” Ander sê: “Ek is van Die Gesalfde Een.”

13. Het Die Gesalfde Een Homself verdeel? Is Sha’ul miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die outoriteit en karakter van Sha’ul gedoop?

14. Ek dank my God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispos en Gaios

15. sodat niemand kan sê dat ek in my outoriteit en karakter gedoop het nie.

16. [Ek het ook nog die huisgesin van Estefana gedoop.] Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie,

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 1