Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:1-9 Die Boodskap (DB)

1. ’n Ongelowige se slegte gewete laat hom onrustig voel. Hy is soos iemand wat weghardloop al jaag niemand hom nie. ’n Gelowige ervaar kalmte. Hy is soos ’n leeu in sy veilige skuilplek.

2. ’n Land waar korrupsie en misdaad hoogty vier, kry die een slegte leier na die ander. Iemand met kennis van die lewe en praktiese vaardighede kan ’n land van die afgrond red.

3. ’n Arm mens wat die armes onderdruk, is soos ’n haelstorm wat alles verwoes. Hongersnood en baie ellendes is dan die armes se voorland.

4. Iemand wat nie meer na die woord van die Here luister nie, is soos ’n ongelowige. Iemand wat die woord ernstig opneem, kom nie met slegte mense klaar nie.

5. Slegte mense het geen begrip van wat reg of verkeerd is nie. Mense wat die Here ken, weet wat om te doen en wat om nie te doen nie.

6. ’n Arm mens wat reg leef, is beter daaraan toe as ’n ryke wie se lewe krom en skeef is.

7. ’n Seun wat die woord liefhet, is slim. Hy maak sy pa baie bly. Wie met vrate en dronklappe bevriend is, is vir sy ouers ’n verleentheid.

8. Wie die kuns van geldmaak verstaan, moet hom ook oor die armes ontferm.

9. Wie nie meer na die woord van die Here luister nie se gebede beteken niks nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28