Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:17-25-27 Die Boodskap (DB)

17. Yster slyp yster. So vorm mense mekaar.

18. Wie ’n vrugteboom versorg, sal later van sy vrugte eet. Wie hard werk, sal eendag ’n goeie pensioen ontvang.

19. Soos ’n mens sy gesig in ’n spieël sien, so verstaan hy homself in wat hy dink.

20. Mense gaan voortdurend dood. Dit kry geen einde nie. So is ’n mens se begeertes ook. Dit word nooit versadig nie. Alles wat hy sien, wil hy hê.

21. Soos silwer in vuur en goud in die smeltoond gelouter word, so word ’n mens se karakter in die harde leerskool van die lewe gevorm.

22. Al kan jy ’n dom mens met ’n hamer slaan of hom fynmaal, sy domheid kry jy nooit uit hom uit nie.

23. Geld se waarde word minder en dit word ook maklik uitgegee.

24. Pas dus die dinge wat jy het, baie goed op. Kyk mooi na jou eiendom. Dan kan jou kinders ook nog eendag daarvan kry.

25-27. Werk hard sodat jy in al jou behoeftes kan voorsien. Gebruik elke kans wat jy kry, dan sal jy genoeg vir kos en klere hê. Almal in jou huis sal genoeg hê om van te leef.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27