Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:18-23 Die Boodskap (DB)

18. Die Here het my ook gebruik om te sê:

19. “Daar was tye dat julle gewoond was om sonder kos te bly en gehuil het oor wat met Jerusalem en sy mense gebeur het. Julle het dit gewoonlik gedoen in die vierde, vyfde, sewende en tiende maand. Dit gaan nou end kry. Hierdie tye gaan nou geleenthede wees om fees te vier. Julle gaan lag en bly wees. Daarom moet julle die waarheid praat en uitleef. Sorg ook dat julle in vrede met mekaar leef.”

20. Die Here sê ook: “Mense van ander volke en ’n klomp stede sal na Jerusalem toe kom.

21. Die mense van die verskillende stede sal met mekaar praat en sê: ‘Kom ons gaan dadelik na Jerusalem toe en dan vra ons die Here om vir ons goed te wees. Kom ons gaan vind uit wat Hy wil hê ons moet doen. Ons is self ook op pad soontoe.’

22. Mense uit baie nasies, ja, selfs uit sterk nasies, sal na Jerusalem toe kom om te hoor wat die Here van hulle verwag om te doen. Hulle sal Hom ook vra om te sorg dat dit met hulle goed gaan.”

23. Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Hierdie tyd wat julle verwag, sal vir seker kom. Wanneer dié tyd aanbreek, sal tien mense uit verskillende volke een Jood aan sy baadjie vasgryp. Hulle sal vir hom sê: ‘Ons wil saam met jou gaan, want ons het gehoor dat God by julle bly.’”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8