Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 7:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Op sewe Desember in die vierde jaar wat Darius koning was, het die Here weer vir Sagaria gebruik om met sy volk te praat.

2. Die mense van Bet-El het vir Sar-Eser en Regem-Melek en ’n paar van hulle vriende na die tempel toe gestuur. Hulle moes vir die Here gaan vra om te sorg dat dit met hulle goed sal gaan.

3. Hulle moes ook vir die priesters by die tempel en vir die profete gaan vra wat hulle moes doen. Hulle het gesê: “Elke jaar in die vyfde maand vas ons. Dan bly ons sonder kos en huil ons omdat Jerusalem en die tempel verwoes is. Moet ons dit steeds aanhou doen soos ons nou al vir baie jare gewoond is?”

4. Die Here het vir Sagaria gesê:

5. “Vra ’n bietjie vir die mense van Juda en die priesters wat nou al vir 70 jaar elke jaar in die vyfde en die sewende maand sonder kos bly en huil, die volgende vraag: Het julle ter wille van My sonder kos gebly?

6. Op julle feeste eet en drink julle, maar julle doen dit net vir julle eie plesier.

7. Daar is mos nou niks meer nuut om daaroor te sê nie. Dit is mos dieselfde ou boodskap wat Ek lank gelede reeds vir die profete gegee het. Dit was die tyd toe daar nog baie mense in Jerusalem en in die ander stede van Juda gebly het. Toe het dit nog baie goed met almal gegaan. Mense het selfs nog in die suide van die land en op die vlaktes gebly.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 7