Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 3:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het my weer laat droom. Die droom was van die belangrike priester Jesua wat voor die engel van die Here staan. Regs van Jesua het Satan gestaan, die een wat hom aankla. Hy het vertel wat Jesua verkeerd gedoen het.

2. Die Here het vir die aanklaer gesê: “Ek dink niks van wat jy nou sê nie. Ek het Jerusalem vir My gekies. Ek wil niks van jou weet nie! Jesua is onskuldig, hy is soos ’n stuk hout wat uit die vuur geruk is. Hy slaag die toets!”

3. Jesua het met vuil klere aan voor die engel gestaan.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 3