Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 4:12-21 Die Boodskap (DB)

12. Mag die Here vir jou kinders by hierdie jong vrou gee, wat net so baie en so gelukkig sal wees soos dié van ons voorvader Peres, die seun van Tamar en Juda.”

13. Boas het toe met Rut getrou en nadat hy by haar geslaap het, het die Here haar swanger laat word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Die Here was baie goed vir haar.

14. Toe sê die vroue vir Naomi: “Loof die Here! Hy het vandag vir jou ’n kleinseun gegee om vir jou te sorg. Mag sy naam altyd in Israel voortleef deur sy kinders.

15. Jou skoondogter het jou baie lief. Sy het meer vir jou gedoen as wat sewe seuns ooit sou kon doen. Mag hierdie kleinseun wat sy nou vir jou gegee het, jou weer opgewonde oor die lewe maak omdat jy weet dat daar iemand sal wees wat vir jou sal sorg as jy die dag oud is.”

16. Naomi het hierdie kleinkind van haar met soveel liefde versorg asof hy haar eie kind was.

17. Die buurvroue het toe gesê: “Uiteindelik het Naomi weer ’n seun!” Die kind se naam was Obed. Obed was Isai se pa en Dawid se oupa.

18. Van Peres af lyk hulle familie so: Peres was Gesron se pa.

19. Gesron se seun was Ram en hy was die pa van Amminadab.

20. Amminadab het ’n seun gehad met die naam Nagson en Nagson was die pa van Salmon.

21. Salmon was Boas se pa en hy was weer Obed se pa.

Lees volledige hoofstuk Rut 4