Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 3:3-7 Die Boodskap (DB)

3. Gaan bad en sit parfuum aan en trek jou mooiste klere aan. Gaan dan na die dorsvloer toe, maar moenie dat Boas agterkom jy is daar voordat hy klaar geëet en gedrink het nie.

4. As hy dan later gaan slaap, kyk mooi waar hy gaan lê, en as hy aan die slaap geraak het, tel die komberse op en gaan lê by sy voete. Hy sal verstaan dat jy versorging nodig het en vir jou sê wat jy moet doen.”

5. Rut antwoord toe: “Ek sal doen wat Ma gesê het.”

6. Rut is toe dorsvloer toe en het gedoen wat Naomi gesê het.

7. Toe Boas klaar geëet en gedrink het, was hy baie opgeruimd en vrolik. ’n Rukkie later het hy langs die hoop gars gaan lê en aan die slaap geraak. Rut het stilletjies soontoe gegaan, die kombers opgelig en by sy voete gaan lê.

Lees volledige hoofstuk Rut 3