Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:20-22 Die Boodskap (DB)

20. “Moenie my Naomi noem nie,” sê sy toe, “noem my eerder Mara (wat bitter beteken), want vandat ons hier weg is tot nou toe het dit bitter swaar met my gegaan. Dit voel vir my of die Almagtige met al sy gewig op my kom druk het en ek nie meer een tree vorentoe kan gee nie.

21. Toe ek hier weg is, was my lewe nog vol. Ek het toe ’n man en kinders gehad, maar die Here het my dolleeg laat terugkom huis toe, sonder my gesin. Hoekom sou julle my dan nog Naomi wil noem? Dit voel vir my of selfs die Here die rug vir my gedraai het; asof die Here vir wie niks onmoontlik is nie, besluit het ek moet maar self verder regkom.”

22. Dit is dan hoe Naomi en haar skoondogter Rut, ’n jong Moabitiese vrou, uit Moab na Betlehem teruggekom het. Hulle het aan die begin van die garsoes daar aangekom.

Lees volledige hoofstuk Rut 1