Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 7:2-4 Die Boodskap (DB)

2. Toe sê die Here vir Gideon: “Jy het te veel soldate by jou. As Ek jou toelaat om met so baie soldate teen die Midianiete te veg, sal die Israeliete later spog dat hulle sterk genoeg was om op hulle eie die oorwinning te behaal.

3. Daarom moet jy vir die manskappe by jou sê: “Dié wat bang en onseker is, moet eerder teruggaan huis toe.” Toe het 22 000 besluit om huis toe te gaan. Daar het net 10  000 soldate oorgebly.

4. Toe sê die Here vir Gideon: “Daar is nog te veel soldate! Vat hulle af na die fontein toe, daar sal Ek hulle vir jou skei. Ek sal vir jou wys wie moet saamgaan en wie moet bly.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 7