Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het ’n klomp nasies in die land laat bly om die Israeliete wat nie teen die Kanaäniete geveg het nie te toets.

2. Op hierdie manier wou die Here die Israeliete wat niks van oorlog geweet het nie, leer hoe om te veg.

3. Hierdie volke is die Filistyne, met hulle vyf leiers, asook al die Kanaäniete, die Sidoniërs en die Hewiete wat in die berge van Libanon gebly het, vanaf die berg Baäl-Hermon tot by Lebo-Hamat.

4. Hulle is met rus gelaat om te sien of die Israeliete die Here se bevele wat Hy deur Moses aan hulle voorouers gegee het, sou gehoorsaam.

5. So het dit gebeur dat die Israeliete tussen die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gebly het.

6. Later het daar ondertrouery tussen die Israeliete en hierdie nasies plaasgevind. Toe het die Israeliete hierdie nasies se gode begin dien.

7. Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here niks gehou het nie. Hulle het die Here hulle God vergeet en die afgodsbeelde van Baäl en die heilige pale van Asjera aanbid.

8. Hieroor was die Here kwaad vir Israel. Daarom het Hy hulle agt jaar lank in koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië se mag oorgegee.

9. Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Otniël. Hy was Kaleb se jonger broer Kenas se seun.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3