Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 17:3-8 Die Boodskap (DB)

3. Toe hy die silwer vir haar teruggee, het sy gesê: “Om te keer dat die vloek my seun tref, dra ek hierdie silwer aan die Here op. Vat dit nou vir jou, my seun, en gaan maak vir jou ’n afgodsbeeld daarvan.”

4. Nadat hy die silwer vir sy ma teruggegee het, het sy ongeveer twee en ’n half kilogram daarvan gevat en dit vir ’n silwersmid gegee om ’n afgodsbeeld mee te maak. Toe die beeld klaar was, is dit in Miga se huis gesit.

5. Miga het sy eie tempel by sy huis gehad. Daarin het hy ’n afgodsbeeld en ander huisgode gesit. Toe het hy een van sy seuns as priester aangestel.

6. In daardie tyd het Israel nog nie ’n koning gehad wat oor hulle regeer het nie. Almal het gedoen net wat hulle wou.

7. Op ’n dag het ’n jong man, ’n Leviet wat in Betlehem in Juda gebly het, maar nie daar gebore is nie,

8. op ’n ander dorp blyplek gaan soek. Hy het toe by Miga se huis in die berge van Efraim aangekom.

Lees volledige hoofstuk Rigters 17