Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 17:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Daar was ’n man met die naam Miga wat in die Efraimsberge gebly het.

2. Op ’n dag het hy vir sy ma gesê: “Ek het gehoor hoe Ma die persoon vervloek wat daardie dertien kilogram silwer van Ma gesteel het. Wel, hier is dit terug, want ek is die een wat dit gesteel het.”“Mag die Here jou seën omdat jy dit teruggegee het, my seun,” het sy gesê.

3. Toe hy die silwer vir haar teruggee, het sy gesê: “Om te keer dat die vloek my seun tref, dra ek hierdie silwer aan die Here op. Vat dit nou vir jou, my seun, en gaan maak vir jou ’n afgodsbeeld daarvan.”

4. Nadat hy die silwer vir sy ma teruggegee het, het sy ongeveer twee en ’n half kilogram daarvan gevat en dit vir ’n silwersmid gegee om ’n afgodsbeeld mee te maak. Toe die beeld klaar was, is dit in Miga se huis gesit.

5. Miga het sy eie tempel by sy huis gehad. Daarin het hy ’n afgodsbeeld en ander huisgode gesit. Toe het hy een van sy seuns as priester aangestel.

Lees volledige hoofstuk Rigters 17