Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:2-8 Die Boodskap (DB)

2. Ek het lank gewag dat die Here my sou help, en dit het toe gebeur. Hy het na my toe afgebuig.Ek het nie teen die dak vasgebid nie. Hy het my gehoor.Toe ek ernstig hulp gevra het, het die Here my gehelp. Hy het gekeer dat ek doodgaan.

3. Hy het my uit die dood opgetel. Dit was of ek in modder weggesak het.Nou is my lewe weer op die regte koers. Ek staan sterk.Hy het weer nuwe blydskap in my lewe gegee.

4. Ek sal ’n nuwe lied tot die Here se eer sing, want Hy is ons God.Baie mense sal raaksien wat Hy gedoen het. Dit sal maak dat hulle op Hom vertrou. Hulle sal Hom eer.

5. Dit gaan goed met elkeen wat op die Here vertrou.So iemand gaan vra nie hulp by mense wat dink hulle is beter as ander of by mense wat van leuens lewe nie.

6. Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen.U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie.Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie.Dit is te veel vir woorde.

7. U stel nie daarin belang dat mense geskenke of offers na U toe bring nie. U vra net gehoorsaamheid aan U.

8. Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê.Dit is alles tog in u Woord neergeskryf.

Lees volledige hoofstuk Psalms 40