Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 39:4-8 Die Boodskap (DB)

4. Later kon ek dit nie meer uithou nie.Binne-in my het dit soos ’n vuur gebrand.Toe het ek tog gepraat.

5. Ek het vir die Here gevra: Hoe lank sal ek nog leef? Hoe kort gaan my lewe wees?Ek wil weet hoeveel tyd ek nog oorhet! Wanneer kom my einde?

6. Here, U gee my maar ’n kort lewe.In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood.

7. Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel.Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood.Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af.Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie.

8. Ag Here, wat bly daar nog vir my in hierdie lewe oor? Ek vestig al my hoop op U!

Lees volledige hoofstuk Psalms 39