Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:12-28 Die Boodskap (DB)

12. Slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim.

13. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom.

14. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak,

15. maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word.

16. Dis beter om net ’n paar besittings te hê en die Here lief te hê as om ’n sak vol geld te hê, maar jy glo nie in Hom nie.

17. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie.Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle.

18. Hy sorg altyd vir hulle. Wat hulle geërf het, behou hulle vir altyd.

19. Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet.

20. Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan.

21. Mense wat sonder God leef, leen geld by ander, maar betaal dit nooit terug nie.Goeie mense kry ander mense jammer en help hulle.

22. Mense met wie die Here tevrede is, sal eendag alles op die aarde besit.Maar mense vir wie die Here sy rug keer, sal ondergaan. Hulle sal uitgeroei word.

23. Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is.Hy laat dit goed gaan met hulle.

24. As hulle op die grond neerslaan, bly hulle nie lê nie.Die Here kom buk by hulle en tel hulle weer op.

25. Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie.Nêrens staan gelowiges op straathoeke en bedel nie.Hulle kinders gaan slaap nooit honger nie.

26. Gelowiges gee regtig om vir ander mense. Hulle klou nie aan hulle geld vas nie. Hulle leen geld sonder om rente te hef.Ook met hulle kinders sal dit goed gaan.

27. Moenie die verkeerde doen nie. Doen net goeie dinge,dan sal jy vir altyd naby aan Hom leef.

28. Die Here hou baie van almal wat reg optree.Sulke mense los Hy nooit alleen nie. Hy sal hulle altyd beskerm,maar slegte mense verdwyn soos mis voor die son. Hulle word uitgeroei.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37