Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:17-23 Die Boodskap (DB)

17. Elke keer as die wolk van die tent af opgelig het, het die Israeliete kamp opgeslaan en agter die wolk aangetrek tot waar dit gaan staan het. Dan het hulle daar kamp opgeslaan.

18. Dit was die Here se manier om hulle op ’n plek te laat bly of hulle te laat trek. Hulle het op ’n plek gebly totdat die wolk van die tent af opgelig het.

19. Vir so lank as wat die wolk oor die tabernakel gebly het, het die volk daar bly kamp, al was dit ook hoe lank, want hulle het geweet dit is wat die Here wou hê.

20. Soms het dit gebeur dat die wolk net vir ’n paar dae op die tabernakel gebly het. Dan het hulle net vir dié rukkie daar gebly. Maar wat ook al die geval was, hulle het altyd op die Here se bevel getrek of gebly.

21. Ander kere weer het die wolk net een nag op ’n plek gebly en dan het hulle die volgende môre weer verder getrek. Dit het nie saak gemaak of dit net een dag was nie; as die wolk opgelig het, het hulle getrek.

22. Of dit nou twee dae, ’n maand of ’n jaar was wat die wolk bokant die tabernakel gebly het, het nie saak gemaak nie. Solank die wolk daar gebly het, het die Israeliete op die plek bly kamp. Maar die oomblik dat dit opgelig het, het hulle dadelik kamp opgeslaan en agterna getrek.

23. Hulle het net op die Here se bevel getrek en elke opdrag uitgevoer wat die Here vir Moses gegee het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 9