Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:11-15 Die Boodskap (DB)

11. Al wat moet gebeur, is dat hulle dit presies moet doen volgens al die voorskrifte, maar dan net ’n maand later. Hulle moet die paaslam eet saam met die brood wat sonder suurdeeg gebak is en die sous wat van bitter kruie gemaak is.

12. Hulle mag niks van die vleis vir die volgende môre oorhou nie en hulle mag ook nie ’n been van die paaslam breek nie. Hulle moet die voorskrifte vir die paasfees streng gehoorsaam.

13. Maar as iemand nie op reis is nie of nie godsdienstig onrein is nie en nogtans weier om die paasfees op die regte tyd te vier, moet so ’n persoon uit die gemeenskap uitgeskop word. Dan moet hy maar die gevolge van sy daad dra.

14. As daar iemand by julle bly wat nie ’n Israeliet is nie, maar wel die paasfees vir die Here wil vier, mag hy dit doen op voorwaarde dat die persoon al die voorskrifte nakom vir die viering van die paasfees, want dieselfde reëls geld vir almal.”

15. Die dag toe die tabernakel, die tent waar die Here aanbid word, vir die eerste keer opgeslaan is, het daar ’n wolk gekom wat die hele tent soos ’n seil toegemaak het. Die wolk het elke dag en elke nag daar bly hang. Die enigste verskil was net dat die wolk in die aand soos ’n vuur gelyk het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 9