Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 30:9-16 Die Boodskap (DB)

9. “As ’n weduwee of ’n geskeide vrou ’n belofte aflê of ’n eed sweer voor die Here, bly dit van krag.

10. “As ’n getroude vrou ’n belofte aan die Here maak of iets onder eed belowe

11. en haar man hoor hiervan en hy sê niks daarvan nie, bly al die beloftes wat sy gemaak het, geldig.

12. Maar as haar man dit nietig verklaar, is die beloftes wat sy gemaak het, ongeldig. Die Here sal dit nie teen haar hou nie omdat haar man haar gekeer het om te doen wat sy belowe het.

13. Haar man het die reg om enige belofte of eed wat sy aflê, nietig te verklaar.

14. As hy egter nie teen die volgende dag, nadat hy van die belofte of eed gehoor het, beswaar maak nie, moet sy haar beloftes nakom. Want as hy stilbly, dan keur hy haar beloftes aan die Here goed.

15. As hy wel van haar belofte gehoor het en eers later beswaar maak, sal hy die verantwoordelikheid vir haar skuld dra.”

16. Dié reëls het die Here vir Moses gegee in verband met die verantwoordelikhede wat ’n getroude man oor sy vrou se beloftes het, asook oor sy ongetroude dogter se beloftes.

Lees volledige hoofstuk Numeri 30