Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:18-28 Die Boodskap (DB)

18. “Die stam Efraim moet aan die westekant kamp opslaan, by hulle vlag en ingedeel volgens verskillende leërafdelings. Ammihud se seun Elisama is die leier van daardie stam.

19. In sy stam is daar 40 500 soldate.

20. Die stam van Manasse moet langs Efraim kamp opslaan, met Pedasur se seun Gamliël as sy leier.

21. Die stam het 32 200 soldate.

22. Daarna volg die stam van Benjamin met Gidoni se seun Abidan as leier.

23. Die stam het 35 400 soldate.

24. Die totaal van die troepe onder leiding van Efraim is altesaam 108 100 soldate. Hierdie stamme moet altyd derde trek.

25. “Die stam van Dan moet aan die noordekant kamp opslaan by hulle vlag en volgens hulle leërafdelings. Ammi-Saddai se seun Agiëser is die leier van hierdie stam.

26. Dan se getal soldate is 62 700.

27. Die stam van Aser moet langs Dan kamp opslaan. Okran se seun Pagiël is die leier van die stam.

28. Aser se getal soldate is 41 500.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2