Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:11-17 Die Boodskap (DB)

11. Ruben se getal soldate is 46 500.

12. Die stam van Simeon moet langs Ruben kamp opslaan. Suri-Saddai se seun Selumiël is die leier van die stam.

13. Daar is 59 300 soldate in die stam.

14. Daarna volg die stam van Gad met Reüel se seun Eljasaf as hulle leier.

15. Sy getal soldate is 45 650.

16. Die totaal van die troepe onder leiding van Ruben is altesaam 151 450 soldate. Hierdie stamme moet altyd tweede trek.

17. “Die Leviete met die tent van aanbidding moet altyd in die middel van die ander groepe bly wanneer hulle trek. Die stamme moet in dieselfde posisie bly waarin hulle ingedeel is en elke groep moet hulle eie vlag dra.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2