Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 16:47-50 Die Boodskap (DB)

47. Aäron het toe tussen die mense ingehardloop met sy vuurbak. Alhoewel die siekte al begin toeslaan het, het hy ter wille van hulle die wierook geoffer om by die Here vir hulle in te tree en vergifnis vir hulle sondes te bewerk.

48. Terwyl hy nog so tussen die mense, die lewendes en die dooies, staan, het die epidemie skielik opgehou.

49. Behalwe die mense wat in Korag se opstand dood is, is daar daardie dag nog 14 700 mense dood.

50. Toe die epidemie opgehou het, is Aäron terug na Moses toe waar hy by die ingang van die tent gestaan het waar die Here aanbid word.

Lees volledige hoofstuk Numeri 16