Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:5-14 Die Boodskap (DB)

5. God het my toe die idee gegee om die mense, die gewone inwoners, die vooraanstaande inwoners en hulle leiers bymekaar te laat kom sodat ek hulle amptelik kon registreer. Ek het die register met die name van dié wat eerste uit ballingskap teruggekom het, in die hande gekry en hierdie is die inligting wat daarin was:

6. “Hier volg ’n lys van die mense uit die provinsie Juda wat teruggekom het uit die ballingskap waarheen Nebukadnesar, die koning van Babel, hulle weggevoer het. Hulle het teruggekom na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe.

7. Hulle leiers was: Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Die aantal mense van die volk Israel wat teruggekom het uit die ballingskap, ingedeel volgens hulle families, was:

8. Paros 2  172,

9. Sefatja 372,

10. Arag 652,

11. Pagat-Moab, uit die families van Josua en Joab, 2 818,

12. Elam 1 254,

13. Sattu 845,

14. Sakkai 760,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7