Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 2:17-20 Die Boodskap (DB)

17. Hierna het ek egter vir hulle gesê: “Julle sien self in watter haglike posisie ons is solank Jerusalem se mure vernietig is en die hekke van die stad afgebrand is. Kom ons herbou Jerusalem se mure. Dan kan ons weer trots wees op ons stad!”

18. Ek het hulle vertel dat hierdie sending God se goedkeuring wegdra en hoe Hy my gehelp het, en ook wat die koning gesê het. Hulle reaksie was: “Uitstekend! Kom ons begin dadelik bou!” Hulle het dadelik begin gereedmaak om die werk te doen.

19. Toe Sanballat, Tobija en Gesem hoor wat ons beplan, het hulle ons uitgelag en spottend gevra: “Wat dink julle doen julle? Hoekom waag julle dit om in opstand te kom teen die koning?”

20. My antwoord aan hulle was: “Die God van die hemel sal ons help om suksesvol te wees. Ons is sy dienaars en ons sal die bouwerk doen. Maar julle het geen plek of reg hier nie. Julle moet ook nie dink dat julle in Jerusalem onthou sal word nie.”

Lees volledige hoofstuk Nehemia 2