Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 12:44 Die Boodskap (DB)

Op daardie dag het hulle ook mense aangestel om in beheer te wees van die store waarin die bydraes vir die tempel gebêre is. Dit het die eerste offers van die oes en die tiendes ingesluit. Hierdie mense was verantwoordelik daarvoor om hierdie offers op die plase buitekant die stede te gaan haal sodat die priesters en die Leviete daarvan kon leef, soos die Here dit voorgeskryf het. Die mense het dit met vrymoedigheid gegee, want hulle was baie bly dat die priesters en die Leviete weer hulle werk kon doen.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 12

Kyk Nehemia 12:44 in konteks