Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 12:22-35 Die Boodskap (DB)

22. Die hoofde van die families van die Leviete is in die tyd van die priesters Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf. Dit was tydens die regering van Darius die Pers.

23. Die Levitiese familiehoofde is in die Kroniekeboeke opgeskryf tot die tyd van Joganan die seun van Eljasib.

24. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua die seun van Kadmiël. Tydens die lofprysing-en-aanbiddingsessies het hulle kollegas regoor hulle gestaan volgens Dawid, die man van God, se voorskrif.

25. Dit was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam.Talmon en Akkub was die hekwagte wat in bevel was van die voorraadkamers by die hekke.

26. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim die seun van Jesua, die kleinseun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.

27. Met die inwyding van die nuwe muur van Jerusalem is die Leviete van oor die hele land gevra om te kom help met die feesviering. Hulle moes as deel van die feesviering dankliedere sing en musiek maak met hulle simbale, harpe en liere.

28. Die sangers het uit die omgewing rondom Jerusalem gekom uit die dorpies Netofa

29. en Bet-Gilgal. Ander het uit die boerderygemeenskappe van Geba en Bet-Asmawet gekom, want die sangers het vir hulleself dorpies rondom Jerusalem gebou.

30. Die priesters en die Leviete het eers hulleself voor die Here skoongemaak. Daarna het hulle die volk, die hekke en die muur skoongemaak.

31. Toe het ek die leiers van Juda op die muur laat klim en twee groot kore saamgestel wat om die stad moes loop terwyl hulle die Here loof en prys. Die een koor het in ’n suidelike rigting al op die muur langs geloop tot by die Mishek.

32. Hosaja en die helfte van die leiers van Juda is gevolg deur

33. Asarja, Esra, Mesullam,

34. Juda, Benjamin, Semaja en Jeremia.

35. Daar was ook priesters met trompette: Sagaria die seun van Jonatan, die seun van Semaja, die seun van Mattanja, die seun van Miga, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 12