Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 1:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Hier volg die verhaal oor alles wat Nehemia seun van Gakalja gedoen het.In die laatherfs van die twintigste regeringsjaar van koning Artasasta van Persië was ek, Nehemia, in die hoofstad Susan.

2. Ganani, ’n amptenaar in die koning se diens, en ’n klompie ander mense uit Juda het daar by my aangekom. Ek wou by hulle weet hoe dit met die ander Jode gaan wat die ballingskap vrygespring het en ander wat die ballingskap oorleef het, en ook hoe dit in Jerusalem lyk.

3. Hulle sê toe vir my: “Dit gaan glad nie goed met die mense daar in die provinsie Juda nie. Hulle kry baie swaar. Almal spot met hulle. Die muur wat rondom Jerusalem gebou is, lê ook nog steeds in puin en die stad se hekke is nog nie reggemaak nadat dit afgebrand is nie.”

4. Toe ek hierdie slegte nuus hoor, het ek gaan sit en huil. Ek was so hartseer dat ek dae lank niks geëet het nie. Ek het tot die God van die hemel gebid.

5. Ek het vir Hom gesê: “O Here, God van die hemel, U is groot. Almal sidder en bewe voor U. U is die God wat u ooreenkoms nakom teenoor almal wat U liefhet en doen wat U sê. U bly altyd lojaal teenoor almal wat U dien.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 1