Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Miga het gesê: “Luister ’n bietjie hier, leiers van Israel. Behoort julle nie te weet wat reg en verkeerd is nie?

2. By julle kry ’n mens net die teenoorgestelde. Julle haat die dinge wat reg en goed is, maar julle is lief vir die slegte dinge in die lewe. Julle behandel die mense van Juda soos diere wat lewendig afgeslag word. Die vel word afgetrek en die vleis van die bene afgesny.

3. Dan eet julle die vleis, sny die vel af en breek die bene oop. Julle kap hulle in stukke soos ’n mens vleis opsny om in ’n pot te kook. Dit is skokkend wat julle aan die mense van Juda doen. Julle steel die mense van Juda se goed en knou hulle af totdat julle kry wat julle wil hê. Julle vat die dinge weg wat hulle aan die lewe hou en laat hulle as stukkende mense agter. Julle gee nie om wie of wat julle skade aandoen nie, solank julle net kry wat julle wil hê.’

Lees volledige hoofstuk Miga 3