Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:3 Die Boodskap (DB)

Dan eet julle die vleis, sny die vel af en breek die bene oop. Julle kap hulle in stukke soos ’n mens vleis opsny om in ’n pot te kook. Dit is skokkend wat julle aan die mense van Juda doen. Julle steel die mense van Juda se goed en knou hulle af totdat julle kry wat julle wil hê. Julle vat die dinge weg wat hulle aan die lewe hou en laat hulle as stukkende mense agter. Julle gee nie om wie of wat julle skade aandoen nie, solank julle net kry wat julle wil hê.’

Lees volledige hoofstuk Miga 3

Kyk Miga 3:3 in konteks