Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 1:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Hierdie is ’n boodskap vir Israel deur Maleagi uit die hart van die Here uit.

2. Ek het julle baie lief, sê die Here, maar julle sê heel verbaas: Regtig? Waar is die bewys dat U ons liefhet? Kom Ek antwoord julle so: Ek het my liefde vir julle bewys deur Jakob lief te hê.

3. Esau het Ek aan homself oorgelaat, al was hy Jakob se broer. Daarom is sy bergland vandag soos ’n kaal vlakte en is dit nie sy kinders wat daar bly nie, maar net ’n klomp woestynjakkalse.

4. Sy kinders daar in Edom sou natuurlik kon sê: “Al lyk dit nou sleg, ons sal weer voor begin!” Vir hulle sê Ek, die God vir wie niks onmoontlik is nie, julle kan soveel huise bou as wat julle wil, dit sal nooit ’n stad word nie. Om die waarheid te sê, julle sal eerder op ’n bynaam genoem word: die goddelose dorp en mense vir wie die Here vir altyd kwaad is.

5. Julle sal dit met julle eie oë sien en dan sal julle nie anders kan nie as om te sê: “Maar die Here is in beheer selfs tot anderkant Israel se grense.”

Lees volledige hoofstuk Maleagi 1