Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 9:15-23 Die Boodskap (DB)

15. Hierna het Aäron ook die volk se offer gebring. Hy het die bok gevat wat vir die sonde van die volk geoffer moes word, dit geslag en net so geoffer soos sy eie offer.

16. Hy het ook hulle offer wat op die altaar verbrand moes word, gebring en daarmee volgens die voorskrif gemaak.

17. Hy het ook bo en behalwe die oggend se offer wat verbrand word, ’n offer uit die graan gebring. Hy het ’n hand vol daarvan geneem en dit op die altaar verbrand.

18. Hy het ook die bul en die ram vir die volk se offer waarvan hulle ook kan eet, geslag. Sy seuns het die bloed in ’n houer vir hom aangegee en hy het daarvan reg rondom teen die altaar gespat.

19. Hy het al die stukke vet van die bul en die ram - dit is nou die vetstert, die vetlaag oor die niere en die gedeelte oor die lewer -

20. by die borsstukke gesit. Hy het toe al die stukke vet op die altaar verbrand.

21. Die borsstukke en die regterblad het Aäron egter as ’n offer wat heen en weer voor die Here beweeg word, aan die Here opgedra, presies soos Moses voorgeskryf het.

22. Nadat Aäron die offer vir die sondes, die offer wat verbrand word en die offer wat die goedgesindheid van die volk wys, gebring het, het hy sy hande na die volk uitgesteek en die Here gevra om vir hulle goed te wees.

23. Moses en Aäron het toe saam in die tent waar God gedien word, ingegaan. Toe hulle uit die tent kom, het hulle vir die volk die Here se liefde toegewens. Die hele volk het toe bewus geword dat die Here ook daar teenwoordig is.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 9