Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:11-20 Die Boodskap (DB)

11. Hy mag nie sy belangrikheid verminder en naby enige dooie mens kom nie. Selfs nie eens as sy pa of ma dood is, mag hy

12. by die tent van die Here weggaan nie. Dit sal die Here se plek iets alledaags maak. Hy is tog anders. Die Here het hom spesiaal aangestel vir sy werk. Ek is die Here.

13. Hy mag net met ’n vrou trou wat nog nie by ’n man geslaap het nie.

14. Sy mag ook net uit sy eie volk kom. Hy mag glad nie met ’n weduwee trou, of met ’n geskeide vrou of een wat in die skande gekom het, of een wat ’n prostituut is nie.

15. As hy met een van hulle sou trou, mag die kinders wat hy by die vrou kry, glad nie by die Here se tent kom werk nie. Ek is die Here. Ek het hom aan My alleen toegewy.”

16. Die Here het verder vir Moses gesê

17. om Aäron te beveel dat niemand uit sy nageslag wat ’n fisieke gebrek het, ooit die offers by die tent mag bring nie.

18. “Iemand wat blind is, of kreupel of gebreklik is aan sy lyf,

19. verlam is aan sy voet of sy hand,

20. wat ’n boggelrug het of ’n dwerg is, of ’n pêrel oor sy oog het, of ekseem of skurfsiekte het, of ’n verminkte geslagsdeel het, mag nie die offer by die Here se tent vir Hom bring nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21