Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 14:11-15 Die Boodskap (DB)

11. en ek is nog net so sterk soos die eerste dag toe Moses my die land in gestuur het. Ek is nog tot enigiets in staat, selfs om oorlog toe te gaan.

12. My versoek is dat jy nou vir my die berggebied sal gee waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy sal onthou dat die Enakiete in hulle versterkte stede daar bly, maar as die Here by my is, sal ek hulle kan verdryf soos Hy belowe het.”

13. Hierop het Josua vir Kaleb geseën en Hebron aan hom as sy besitting gegee.

14. Hebron behoort steeds aan die nakomelinge van Kaleb die seun van Jefunne, die Kenassiet, omdat hy die Here, die God van Israel, getrou gedien het.

15. Hebron was voorheen bekend as Kirjat-Arba. Dit was vernoem na Arba, een van die beroemde helde van die Enakiete. Nou was daar uiteindelik vrede in die land.

Lees volledige hoofstuk Josua 14