Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:7-18 Die Boodskap (DB)

7. “My vyande is sleg en my opponente is onregverdige mense. Hulle moet daarvoor gestraf word.

8. Daar is geen hoop vir mense wat God nie wil ken nie. Hy laat hulle doodgaan.

9. Sal God na hulle luister as hulle na Hom roep wanneer hulle in die moeilikheid is?

10. Sal hulle aan die Here kan dink en sal die gedagtes oor Hom wat by hulle opkom, hulle bly maak? Sal hulle die vrymoedigheid hê om enige tyd na die Here te roep?

11. “Ek sal julle oor God se mag leer. Ek sal niks oor Hom wegsteek nie.

12. Maar eintlik hoef ek dit nie te doen nie, want julle het almal al gesien hoe God dinge doen. Wat ek nie verstaan nie, is dat julle steeds al hierdie sinnelose dinge kwytraak.

13. “God het besluit dat Hy slegte mense sal straf.

14. So sal Hy hulle straf: as hulle baie kinders het, sal hierdie kinders óf in ’n oorlog óf van honger doodgaan.

15. Die mense wat dit sal oorleef, sal van siektes in die graf beland. Hulle weduwees sal nie eers oor hulle treur nie.

16. “Baie slegte mense het so baie geld dat hulle dit nie eers kan tel nie. Hulle het ook hope klere.

17. Maar dit help niks nie, want eendag sal van die mense wat reg leef, daardie klere dra. Hulle sal ook hierdie slegte mense se geld onder hulle verdeel.

18. Die huise wat hierdie kwaaddoeners gebou het, is soos ’n spinnekopweb of ’n skerm van takke. Dit is nie baie stewig nie en hou nie baie lank nie.

Lees volledige hoofstuk Job 27