Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:6-11 Die Boodskap (DB)

6. Ek was so kwaad dat Ek die nasies in die grond in getrap het. Ek het hulle in my woede laat steier en hulle bloed oor die aarde laat uitloop.

7. Ek wil oor die liefde en getrouheid van die Here praat. Ek wil die Here se Naam grootmaak oor alles wat Hy vir ons gedoen het. Ek wil sing oor al die baie goeie dinge wat Hy vir Israel gedoen het. Ek wil die Here prys vir al sy liefde en simpatie.

8. Die Here het gesê: Hulle is tog my eie volk. Hulle is my kinders wat My nie sal bedrieg nie. Hy het hulle bevry

9. uit hulle nood. Hy self het hulle verlos. Omdat Hy vir hulle lief was en hulle jammer gekry het, het Hy hulle gered. Hy het hulle nog altyd opgetel en hulle gedra.

10. Hulle het egter in opstand gekom. Hulle het die Gees van God se gevoelens seergemaak. Die Here het daarom vir hulle ’n vyand geword. Hy het teen hulle baklei.

11. Toe het sy volk teruggedink aan die dae lank terug in die tyd van Moses. Hulle het gevra: “Wat het geword van die Here wat sy volk saam met hulle leier deur die see laat trek het? Wat het van Hom geword wat sy Gees in hulle harte laat kom woon het?”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63