Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:9-13 Die Boodskap (DB)

9. Toe sê die Here vir my: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal my stem hoor, maar nie ’n woord verstaan van wat Ek sê nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie besef wat dit beteken nie.”

10. Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk hardkoppig. Druk hulle oë en ore toe sodat hulle niks kan hoor of sien of verstaan nie, sodat hulle nie na My toe terugkom en vra dat Ek hulle moet gesond maak nie.”

11. Ek vra toe: “Hoe lank sal dit aangaan, Here?”Sy antwoord was: “Totdat al die stede verwoes en verlate is en al die huise leeg staan en die hele land in ’n puinhoop omskep is.

12. Totdat Ek al die mense ver weggevat het en die land heeltemal verlate is.

13. Selfs al bly daar net ’n tiende van al die mense oor sal daardie deeltjie ook verwoes word. Maar soos daar gewoonlik ’n stomp bly staan as jy ’n akkerboom of ’n terpentynboom afgekap het, sal daar vir hulle ook ’n stomp agterbly. Hierdie stomp behoort aan die Here en daaruit sal die Here ’n nuwe geslag laat groei.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6