Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Laat almal wat dors het, hier na die water toe kom. Ook dié wat nie geld het nie, kan kom. Kom koop en kom eet. Julle hoef selfs nie eens geld te hê nie. Kom kry wyn en melk verniet.

2. Waarom betaal julle vir iets wat julle nie krag kan gee nie? Waarom span julle julleself in vir iets wat julle nie versadig kan maak nie? Luister baie goed na My sodat julle iets kan inkry wat goed is vir julle. Luister na wat Ek sê sodat julle voedsame kos kan inkry.

3. Spits julle ore en kom na My toe. Luister mooi dat julle kan lewe.Ek wil met julle ’n vaste ooreenkoms sluit. Ek wil vir julle alles gee wat Ek vir Dawid belowe het.

4. Ek het hom ’n getuie gemaak vir die nasies. Hy was ’n leier wat oor die nasies regeer het.

5. Julle sal ook nasies beveel om na julle toe te kom, al het julle hulle nie voorheen geken nie. Nasies wat vroeër nie eers van julle geweet het nie, sal na julle toe aangehardloop kom. Hulle sal dit doen ter wille van die Here julle God. Hulle sal kom ter wille van die hoë God van Israel wat aan julle eer bewys het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 55