Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 54:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Die Here sê vir Jerusalem: Die vrou wat nooit kinders gehad het nie, moet juig. Die een wat nie kinders in die wêreld kon bring nie, moet van blydskap sing. Sy gaan nou selfs meer kinders hê as ’n getroude vrou.

2. Maak die tent waarin jy bly, nog groter vir hulle. Span nog meer seile. Maak die tenttoue langer. Kap die tentpenne verder weg in.

3. Jy gaan uit jou nate bars. Jou kinders gaan die ander nasies oorrompel. Hulle gaan in die dorpe bly wat verwoes is.

4. Moenie bang wees dat jy weer in die skande sal kom nie. Moenie huiwer omdat jy dink jy sal weer verneder word nie. Jy hoef nie weer terug te dink aan hoe jy in die skande gekom het toe jy jonk was nie. Jy kan nou maar vergeet hoe jy verneder is toe jy ’n weduwee geword het.

5. Die Here wat jou gemaak het, sal nou jou man wees. Sy Naam is die Here van die magtige leërmag. Die hoë God van Israel sal jou bevry. Hy word genoem die God van die hele aarde.

6. Jy is soos ’n vrou wat weggejaag is en wat seergekry het, soos ’n jong vrou wat op die straat uitgegooi is. Maar die Here roep jou terug en Hy sê vir jou:

7. Ek het jou vir ’n klein tydjie verstoot, maar Ek vat jou nou met groot liefde weer terug.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 54