Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:13-18 Die Boodskap (DB)

13. Die lug daar bo moet juig. Die aarde hier onder moet jubel. Die berge moet sing van vreugde. Die Here het sy volk nuwe moed gegee. Hy was jammer vir hulle omdat hulle so swaarkry.

14. Die mense van Jerusalem het gesê: “Die Here het ons in die steek gelaat. Ons God het van ons vergeet.”

15. Kan ’n vrou van haar babatjie vergeet? Kan sy die kind wat sy in die wêreld gebring het, net so laat staan? Selfs al sou so iets gebeur, sal Ek jou nooit vergeet nie.

16. Ek het jou naam op my hand geskryf. Ek dink heeltyd aan jou mure wat so verwoes is.

17. Dié wat jou mure sal herbou, is vinnig op pad na jou toe. Dié wat jou verwoes het, sal van jou af padgee.

18. Maak oop jou oë en kyk wat rondom jou gebeur. Al jou mense kom bymekaar om na jou toe terug te kom. So seker as Ek lewe, sê die Here, jy sal so bly wees wanneer hulle terugkom soos ’n vrou wat plesier het in haar juwele. Jy sal so tevrede wees soos ’n bruid met haar versiersels.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49