Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48:16-22 Die Boodskap (DB)

16. Kom staan hier naby My. Hoor wat Ek sê. Van die begin af sê Ek dit openlik. Wanneer dit gebeur, sal Ek by wees.Die Here my God stuur my. Hy gee my sy Gees om saam met my te gaan.

17. Die hoë God van Israel, die Here wat jou bevry, sê vir jou: Ek is die Here. Ek is jou God. Ek leer jou wat vir jou goed is. Ek laat jou die regte pad loop.

18. As jy tog maar die rigting gevolg het wat Ek vir jou gewys het. Jou lewe sou dan so rustig gewees het soos ’n rivier wat sterk vloei. Jy sou so betroubaar gewees het soos die branders van die see wat onophoudelik breek.

19. Jou afstammelinge sou so baie gewees het soos die sandkorrels op die strand. Jou naam sou nooit van die aarde af verdwyn het nie.

20. Trek weg van Babel af. Vlug voor die Galdeërs. Skreeu van vreugde. Laat dit weerklink tot by die eindes van die aarde. Juig dit uit: “Die Here het die kinders van Jakob bevry!”

21. Hulle het nie dors geword toe Hy hulle deur ’n droë landstreek laat trek het nie. Hy het vir hulle water uit ’n rots laat kom. Hy het die rots laat oopbreek en daar het water daaruit gevloei.

22. Maar vir die goddelose is daar geen vrede nie, sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 48