Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:2-9 Die Boodskap (DB)

2. Gaan maal saam met die slawe meel op die maalklip. Vat die sluier voor jou gesig weg. Lig jou rok tot bo jou knieë op sodat jy deur die riviere kan gaan.

3. Lig dit hoog genoeg op sodat almal jou lyf kan sien en vir jou kan lag. Ek gaan jou straf. Ek sal geen mens oorsien nie.

4. Die God wat ons bevry se Naam is die Here van die gevegsmagte. Hy is die hoë God van Israel.

5. Gaan sit tussen die grafte, stad van die Galdeërs. Jy sal nie meer leier van die volke genoem word nie.

6. Ek was kwaad vir my volk. Ek wou hulle nie meer hê nie. Ek het hulle vir jou gegee om met hulle te maak soos jy wil. Jy het hulle nie gespaar nie. Jy het selfs die ou mense soos slawe laat werk.

7. Jy het gedink dat jy vir altyd die leier van die volke sal wees. Jy het nie gedink wat die gevolge van jou dade gaan wees nie.

8. Luister dan nou ’n bietjie hier, julle wat so gemaklik leef sonder enige bekommernis. Julle dink niemand anders kan naby julle kom nie. Julle sê: “Ek sal nooit van iemand anders afhanklik wees nie. Ek sal nie soos ’n vrou word wat nie ’n man of kinders het nie.”

9. En tog sal dit alles binne een enkele dag met jou gebeur. Jy gaan jou inwoners verloor en soos ’n weduwee en weeskinders word wat niemand het wat vir hulle kan sorg nie. Ten spyte van al jou toorkunsies en jou toorwoorde waarmee jy dinge wil besweer, gaan dit met jou gebeur.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47