Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 3:11-23 Die Boodskap (DB)

11. Maar met die slegte mense sal dit moeilik gaan. Dit wat hulle aan ander mense gedoen het, sal nou na hulle toe terugkom.

12. Fortuinsoekers en afpersers buit my volk uit. My volk, jou leiers is besig om jou te mislei en jou van koers af te bring.

13. Die Here neem sy plek in die hofsaal in en die groot aanklaer is gereed om sy saak te stel.

14. Die leiers en die hoë amptenare kom eerste aan die beurt: “Julle het my volk soos ’n wingerd gestroop en nou sit julle met die arm mense se besittings in julle huise.

15. Wat het julle besiel om my volk so in die grond in te vertrap en die hulpeloses so uit te buit?” vra die Here my God, die Almagtige.

16. Daarna sal die Here die vroue van Jerusalem aankla: “Kyk net ’n bietjie hoe verwaand is die vroue van Jerusalem. Hulle loop neus in die lug en knipoog skelm vir die mans om met hulle rond te flerrie. Hulle gee sulke klein trippeltreetjies om die ornamente om hulle enkels te laat klingel om aandag te trek.

17. Daarom sal Ek,” sê die Here, “elkeen se sluier afruk en haar kop kaal laat skeer. Ek sal hulle met hulle kaal koppe in die straat laat rondloop.”

18. Op dié dag sal die Here al hulle versiersels waarop hulle so trots is, wegvat: enkelringe, kettinkies met sonnetjies en maantjies,

19. oorbelletjies en armbande, sluiers

20. en kopdoeke, voetkettinkies, versierde gordels, parfuum en gelukbringertjies,

21. ringe en neusringe,

22. deftige partytjierokke, mantels en serpe, handsakkies

23. en spieëltjies, fyn sakdoekies, kopdoekies en skouermanteltjies.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 3