Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:36-39 Die Boodskap (DB)

36. Ek sal dat die vyand van Elam al die mense van Elam in verskillende rigtings verstrooi. Dit sal wees soos winde wat Ek uit die vier windrigtings laat kom om hulle te verwaai. Daar sal nie ’n volk êrens wees by wie die mense wat uit Elam gevlug het, nie sal aanland nie.

37. Ek sal die oorsaak wees dat Elam doodbang sal wees vir hulle vyande wat hulle so bitter graag wil doodmaak. Ek is so kwaad vir hulle dat Ek hulle gaan straf. Waar hulle ook al is, sal hulle in gevegte beland en doodgaan. Ek sal hulle heeltemal uitroei.

38. Ek sal hulle konings en leiers vernietig en die regter van Elam wees. Dit sê Ek, die Here!

39. Maar eendag in die toekoms sal Ek weer Elam se omstandighede verander,” sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49