Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 21:8-13 Die Boodskap (DB)

8. “Sê vir die mense, die Here sê: Ek gee julle ’n keuse. Julle kan kies tussen lewe en dood.

9. Mense wat kies om in Jerusalem te bly sal óf in gevegte óf van die siekte-epidemie óf van die honger doodgaan. Maar wie kies om uit die stad te gaan en hulle aan die Babiloniërs oor te gee, sal bly lewe.

10. Ek het besluit om hierdie stad skade aan te doen. Ek gaan niks goeds vir hulle doen nie,” sê die Here. “Ek sal die stad aan die koning van Babel oorgee. Hy sal Jerusalem verbrand.”

11. Sê vir die koninklike familie: “Dit is die boodskap van die Here vir julle!

12. Die Here sê die volgende vir die konings wat uit die nageslag van Dawid kom: Sorg dat mense elke dag regverdig behandel word. As iemand besteel is, beskerm die persoon teen die uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur omdat julle verkeerd doen.

13. Ek is teen julle gekant, mense van Jerusalem. Julle spog en sê dat niemand julle kan bykom waar julle op julle berg bly nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 21