Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:9-19 Die Boodskap (DB)

9. Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal opbou en groot en sterk sal maak, dan kan Ek dit doen.

10. As die nasie egter verkeerde goed begin doen en nie aan My gehoorsaam is nie, sal Ek sorg dat dit nie met hulle goed gaan soos Ek eers beplan het dit moet nie.

11. Jeremia, gaan sê vir die mense van Juda en Jerusalem, die Here sê: Ek is besig om planne te maak om julle te straf. Moenie langer aanhou in die verkeerde koers waarop julle nou is nie. Hou op om verkeerd te doen en doen wat reg is. Dit geld vir een en almal van julle.”

12. Maar hulle het geantwoord: “Moenie jou asem mors nie. Ons sal aanhou lewe soos ons wil. Ons sal ons eie kop volg en doen wat ons wil, al is dit kastig sleg.”

13. Toe sê die Here: “Het iemand al ooit gehoor van die afskuwelike ding wat Israel gedoen het? Vra maar rond onder die ander volke, so iets het nog nie eens by hulle gebeur nie.

14. Smelt die sneeu ooit heeltemal in die hoogste dele van die Libanonberg? Sal die koue bergstrome van die Hermonberg ooit opdroog?

15. Anders as met die sneeu en die water, is my volk onbetroubaar. Hulle het My in die steek gelaat! Hulle brand wierook om die nikswerd afgode te plesier. Hierdie afgode het hulle verlei. My mense weet wat reg is, maar het koers ingeslaan in die verkeerde rigting. Hulle kies om verkeerd te doen.

16. Die gevolg hiervan is dat hulle land verwoes is. ’n Mens kan maar net van verbasing fluit. Almal wat verbyloop, sal skrik as hulle die toestand sien waarin die land is. Hulle kan maar net van verbasing die kop skud.

17. As hulle teen hulle vyande veg, sal Ek hulle in alle rigtings laat spat. Dit sal lyk soos stof wat deur die oostewind rondgewaai word. Al is hulle in groot moeilikheid, Ek sal My nie daaraan steur nie. Inteendeel, Ek sal die rug vir hulle draai.”

18. Toe het die mense gesê: “Kom ons maak ’n plan om Jeremia se mond toe te kry. Ons het mos die priesters wat ons kan leer wat die Here van ons wil hê. Verder het ons verstandige mense wat vir ons raad kan gee en mense wat die Here se boodskappe vir ons kan gee. Kom ons versprei slegte stories oor Jeremia en steur ons nie aan wat hy te sê het nie.”

19. Jeremia bid toe: “Here, help my! Luister wat die mense teen my beplan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18