Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 8:9-11 Die Boodskap (DB)

9. Efraim is soos ’n wildedonkie wat alleen in die veld ronddwaal. Hy soek na maats. Hy gaan na Assirië toe om iemand te kry wat saam met hom kan bly.

10. Selfs al kry Israel iemand anders onder die nasies wat hom wil help, gaan dit op niks uitloop. Ek sal hulle in ’n hoek vasdruk. Hulle knieë sal onder hulle knak soos pakdonkies wat ’n vrag dra wat te swaar is. Hulle sal soos ’n dier wees waarop die koning en die leiers ’n vrag sit wat te swaar is om te dra.

11. “Efraim het al meer en meer plekke gebou waarop hy offers vir sy sonde kan bring. Efraim het egter die altare wat hy gebou het, gebruik om offers vir die afgode te bring. Dit het net gemaak dat hy al meer en meer teen die Here oortree het.

Lees volledige hoofstuk Hosea 8