Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 2:15-19 Die Boodskap (DB)

15. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy vir My sê: ‘Jy is my man.’ Jy sal My nie weer ‘My leier Baäl’ noem nie.

16. Jy sal nie eens meer die naam van Baäl noem nie. Jy sal skoon vergeet wat sy naam was.

17. Ek gaan my volk teen die wilde diere beskerm. Ek gaan op daardie dag ’n ooreenkoms sluit met die wilde diere van die veld, met die roofvoëls in die lug en met die ongediertes op die grond om my mense te spaar. Ek sal die gevaar van die oorlog wegvat. Daar sal nie meer wapens wees om mee oorlog te maak nie. Hulle sal veilig in hulle land kan woon.

18. “Ek sal joune wees vir altyd. Tussen My en jou sal alles reg loop. Ons sal aan mekaar getrou wees en mekaar liefhê.

19. Ek sal altyd aan jou getrou bly. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is.

Lees volledige hoofstuk Hosea 2