Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 14:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Sy takke sal so welig uitgroei soos die takke van ’n mooi olyfboom. Hy sal so lekker ruik soos die plante teen die Libanonberg.

8. Hulle sal weer onder die skaduwee van my takke kom bly. Hulle sal vooruitgaan soos graan wat op die land staan en wieg in die wind. Hulle sal uitloop en groei soos wingerdranke. Hulle sal weer ’n goeie naam hê soos die beroemde naam van die Libanonwyn.

9. Efraim, jy het niks verder met afgode te make nie. Ek het jou klaar gestraf. Ek het jou nou weer teruggevat om vir jou te sorg. Ek is vir jou soos ’n boom wat altyd blare het en altyd vrugte dra. By My sal daar altyd vir jou vrugte wees.”

10. Die een wat verstand het, sal verstaan wat hierdie woorde beteken. Iemand wat sake begryp, sal snap waarop hulle dui. Die pad wat die Here loop, is ’n reguit pad. Mense wat opreg is, volg dieselfde pad. Mense wat niks van die Here wil weet nie, verdwaal op daardie pad.

Lees volledige hoofstuk Hosea 14