Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 10:13-15 Die Boodskap (DB)

13. “Maar julle het alles wat vol haat is in die grond ingeploeg. Julle het toe slegte dade daarvan geoes. Julle sal moet saamleef met dit wat gevolg het toe julle ander begin bedrieg het. Julle het daarop staatgemaak dat julle reg is om in die oorlog te gaan veg. Julle het vertroue gehad in julle weermag.

14. Daar gaan groot oorlog teen jou volk kom. Die skuilplekke wat jy gebou het, gaan inmekaarstort. Dit gaan ’n slagting vol bloed wees. Dit sal net so erg wees soos die dag toe Salman teen Bet-Arbel oorlog gemaak het. Toe is ma’s saam met hulle kinders doodgeslaan.

15. Dit is wat met julle by Bet-El gaan gebeur. Omdat julle so baie kwaad gedoen het, gaan julle verloor. Die koning van Israel sal sommer al aan die begin van die geveg doodgemaak word.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 10