Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 4:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Hoe pragtig is jy nie, my liefste. Hoe glinster jou oë nie van liefde agter jou sluier nie. Jou golwende hare laat my dink aan die dartelende bokkies wat teen Gilead se heuwels afhuppel.

2. Jou wit tande is soos ’n kudde pasgebore skape wat skoon gewas is. Elkeen pas bo en onder volmaak op mekaar.

3. Jou lippe is soos ’n purper lint en hoe mooi is jou mond tog nie. Jou wange agter die sluier gloei soos twee granate. Dit is mooi en aanloklik.

4. Jou nek is elegant soos die Dawidstoring en jou halssnoer blink soos 1 000 skilde.

5. Jou twee borste is soos die tweeling van ’n ribbok wat tussen die lelies wei.

6. By mirreberg en wierookberg wil ek vertoef totdat die oggendwind opkom en die nag begin verdwyn.

7. Hoe mooi is jou liggaam nie, my liefste. Alles is so volkome en volmaak.

8. Liefste, laat ons van die baie gevare af wegvlug. Kom saam met my van die Libanonsberge af, van die Amana se top, van die Senir en die Hermonberg waar die leeus en die tiere bly.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 4